Swellendam Riversdal Vleesbaai – rustig al langs die Langeberg

GeelKameel's picture

Points: 4

Vier van ons op twee motorfietse het vir ‘n naweek weggebreek. Die jongmense het vooruit getoer en ons het hulle op Swellendam ontmoet. Daarvandaan het ons saam gery al langs die Langeberg, via Riversdal en Stilbaai na Vleesbaai.

Ons het oorgeslaap by die Hermitage Cottage buite Swellendam. Goeie plek om te oornag, in ‘n baie mooi omgewing.

 

Geo se Tenere het bietjie aandag nodig gehad – die rubber dempers in die agterwiel was baie geslyt. Ek en hy het die oggend vroeg gou deurgery Swellendam dorp toe. Die (tydelike) herstelwerk het goed en maklik verloop. Maar in die proses het ons ontdek dat die agterwiel se laers krapperig is --- dit was slegte nuus. Wanneer jy ‘n wiellaer kan voel grof loop, dan gaan hy definitief ingee --- mens weet netnie wanneer nie…..

Die eienaar van die werkwinkel waar ons was, doen hierdie enjin installasies in trapfietse. Hy se' besigheid in hierdie soort fiets is maar stadig (lees "bestaan nie meer nie"). 

 

Ons het besluit die wiel is nog goed genoeg om verder te ry sonder om dit dadelik te vervang.

 

Die roete van die dag is met grondpaaie al langs die Langeberg af tot by Riversdal. Vandaar via Stilbaai na Vleesbaai.

Van Swellendam af het ons by die Suikerbrug (“Sugar bridge”) ‘n draai gery. Die brug is ‘n kort entjie agter die Buffeljags petrolstasie. Dit is die moeite werd om die brug te gaan kyk.

Die tien pilare van die brug is is 12m uitmekaar gebou, van sandsteenblokke. Waarom 12meter? Die brug is ontwerp vir en gebou met kiaat balke van 12m lank wat van die skip “Robert” af gered is nadat die skip by die mond van die Louwrensrivier in 1847 gestrand het.

Waarom genoem “Suikerbrug”?

Sement was skaars en het buitendien te stadig geset (hulle was bang die rivier kom af voor die sement geset het) en hulle het toe gips gebruik in plaas van sement. Maar die settyd van gips is te vining. Hulle het gewone suiker ingemeng om die settyd stadig genoeg te maak sodat hulle daarmee kon bou. Sedert daardie tyd is hierdie brug bekend as die Suikerbrug. Lees gerus meer hieroor (en baie ander siviele prestasies in ons land) in die besonder interessante boek:  “Megastructures and Masterminds” van Tony Murray (ISBN 978-0-624-07276-8)

 

 

Van die brug af via Zuurbraak na die grondpaaie langs die Langeberg.

Op die roete van hier tot duskant Riversdal is vyf passe. Ek was nuuskierig om hulle te sien.

Die eerste pas is die Moodiespas.  Nou nie juis 'n pas met steil afgronde nie...

Oral ry mens verby mooi bome.

En mooi uitsigte.

 

En die Langeberg heeltyd daar voor op die horison.

En rustige plaaswerwe.

 

Paar keer ry mens oor die Duiwenhoksrivier.

Party plekke droog, ander plekke met water.

En vriendelike mense aan die werk.

 

Hier is water (ook maar net-net!)

Rustigheid op vier bene.

En 'n meer onrustige soort met vier ronde bene

Die Doringkraalpas daar vorentoe.

Heelwat meer van 'n pas, maar steeds nie veel van 'n pas nie....

'n Ent verder weer 'n brug, met heelwat water.

Oral ry mens deur mooi stukke omgewing. Veral die bome het my beiindruk. Duidelik sorg die mense hier rond dat mooi bome behoue bly.

 

 

Eden Country na regs, maar ons roete is reguit vorentoe.

Seekoeigatpas begin hier.

Eintlik meer 'n opdraend en afdraend as wat dit 'n pas is.

Hier is darem 'n bietjie van 'n uitsig na die vallei in die weste.

Stof. Party plekke sommer baie stof. So'n fyn wit poeierstof het van hier af begin pla. 

Die Wadrifpas begin hier iewers.

Hierdie lang laagwaterbrug het my laat dink aan 2005, toe ek en Dirk Muller hier deur is. Nou is dit droog, maar in 2005 was dit waters oral.

Verderaan weereens mooi omgewing met mooi bome.

Hier lyk dit effens na 'n pas. Dalk is dit deel van die Wadrifpas. Dit is darem meer as net 'n opdraende.

 

Hier is die afdraai na die Gysmanshoekpas deur die Kanetberg.

Maar ons gaan vorentoe, daaaarheen. Gysmanhoekpas los ons vir later.

Hier iewers is die Plattekloofpas. Ook meer plat as pas...wink

Naby die Korentedam

Eindelik Riversdal.

Nou soek ons 'n plekkie om te rus en iets te ete & drinke.

En bietjie kyk en voel aan daardie Tenere se agterwiel.

Die Tenere se agterwiel het okey gevoel, al kon ons die wiellaer se grofheid hoor.

En ons was weer reg vir die res van die pad.

Hiervandaan teerpad tot duskant Stilbaai, waar ons op 'n stil grondpad afgedraai het.

Dit was 'n mooi pad en wye vlaktes, maar verder was daar maar min te sien. Hier en daar 'n mooi boom.

Op 'n paar plekke was gerwe dekgras te sien.

Oops, waarom het Geo stilgehou?

Die agterwiel het erg begin raas.

En die wiel wikkel heen en weer....die wiellaer het die gees gegee!

Noodoproepe. Nou is dit te laat om enige werkwinkel te bereik. More is Saterdag en ons sal moet sekermaak waar ons herstelwerk kan laat doen.

Mosselbaai dink hulle het parte. Okey, more neem ons die wiel soontoe.

Maar intussen is ons 50km van Riversdal af, 50km van Vleesbaai af en 40km van Gouritzmond (waar geen hulp is nie) af.

Enigste opsie is om maar te ry. Bietjie stadiger (asof dit sal help!)

Als het heel goed gegaan vir 48km, toe gee die laer finaal die gees en die agterwiel staan skoon skeef.

Dit was 2km van Vleesbaai af.

Ek het toe maar vooruit gery en bagasie afgelaai. Terug by die Tenere het ek al hul goed oorgelaai en na Vleesbaai geneem.

Intussen het Geo en Riene maar die fiets padlangs begin stoot.

Met my terugdraai het ek hulle teegekom, vol glimlag en plesier! Hulle is gered!

In Vleesbaai gou afgelaai en baia dankie gese' en baie waardeer gewys!

Die laaste 100meter na die huis was darem effens afdraend.

Die volgende oggend was ek en hy deur na Mosselbaai en het heel gou reggekom. Yamaha kon ons nie help nie, 'n doodgewone handelaar in motoronderdele het presies die regte laers gehad wat nodig was, plus die hande om die laers (altwee kante) te vervang. 

Terug na Vleesbaai en rus vir die res van die dag. 

More ry ons na Kanetberg en die Gysmanshoekpas.

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Baie mooi Danie - 'n avontuur beslis.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Comment viewing options

Select your preferred way to display the comments and click "Save settings" to activate your changes.

Events

« November 2018 »
MonTueWedThuFriSatSun
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Liability

Motorsport is inherently dangerous.  As per paragraph 9 of the club constitution, the club shall not be held liable for any loss, injury or death of any member or guest, howsoever arising.

The BMW Motorrad Club Cape cannot be held responsible or liable in any way for any actions or decisions you make as a result of the information posted on this site.  Although this site is enabled and used by the BMW Motorrad Club Cape, posts are made by members, non-members, advertisers and guests and none of it is vetted by the club before posting.  This is the internet and Africa - you are responsible for yourself.

User login

CAPTCHA
Just to make sure you're human!