JUST DO IT - Not NIKE, but BIKE

Anna-Marie's picture

Points: 2

JUST DO IT – Not  NIKE  but  BIKE  05/10 – 10/10/2011 : My trippie BMW GS Eco toe, Clocolan. (On Road)

Ek het baie verlof op hande en al lankal lus om die lang pad te vat. My en Neels se verlof sinchroniseer die afgelope paar jaar nie meer nie, maar ek  soek die opwinding van iets lekkers gaan doen. Die BMW GS ECO is om die draai en ek gaan loer rond uit pure nuuskierigheid...nie met die idée dat dit ‘n opsie is nie.  ‘n Girl moet ‘n paar dae in die spa gaan le om te recharge en baie tlc kry. Challenges is mos vir ouens met groot bikes wat weet hoe om dit te ry,  baie stof/modder op hul bikes en boots het, natgesweet is van die adrenalien en opwinding...nie vir iemand soos ek wat nog net probeer om op die pad te bly nie.   Anyway, ek sien die naam Katse dam en daar is dit die begin van die einde.  Dis al lankal omkring in my Atlas wat dateer uit die 80’s.  Ek verstaan nog ‘n atlas, want die tegnologie is net te veel vir my.  Ek moet die hele prentjie sien. Ek print die hele verslag en besef dis teerpad tot by die dam vanaf  Clocolan. Baie kort draaie, maar ek maak die prentjie van hoe mooi die Maluti berge en die hele omgewing is...die damwal, die kultuur, die ongereptheid. Ek moet erken, ek’s effens skrikkerig oor die idee, maar besluit ek sal nooit weet as ek nie gaan uitvind....ook maar vrek ver en dalk teleurgesteld in my  vermoe, maar ek gaan die kans vat...dis mos die GS Challenge. En ek het ‘n baie mooi GS.

Ons het  baie ervare GS ryers in ons geledere....ek besoek al die dealerships, bespreek alle moontlikhede van saam buddie, watter roetes tot daar en terug, registrasie by  die Eco, verblyf moontlikhede, Watter bande, afstande, brandstof verbruik ens ens ens.  Ek dink ek het dalk ‘n paar van hulle mal gehad.  Ek gee nie om nie, ek moet my feite regkry want dan kan ek ‘n  finale besluit maak.  Ek kry goeie samewerking alhoewel te laat om te registreer vir die Eco, die akkommodasie realiseer en dis  my antwoord.  Ek moet GS ECO CHALL toe.  ‘n Paar belangrike voorbereidings, sukkel om my aandag by die werk te hou, alles moet nou in turbo gebeur.  Ek sien in my gedagtes die N1 tot in Colesberg en wonder of my walkman musiek sal kan verskaf op my hoogs tegnologiese BMW  helmet...so baie gadgets maak my verbouereerd.  Toe nie en da husband kontak vir Janet by Bike2Bike en daar is ‘n plan.....dis chargers, dongles,F4’s, SD kaart ......ek se jou mos ek’s oppad na ‘n challenge.

Die oggend van 5/10/2011 breek aan.  Gelukkig het die suidoos vroegoggend gaan le (ek le heelnag en luister en wonder hoe kom ek oor DuToitskloof met die wind). Ek wil nie my naam al by die begin gat maak nie. Ek ontmoet my rider buddies by Engen Winelands net na 7:00 en besluit wat die pas van die dag gaan wees.

Die RendezvousDie Rendezvous 

 Ek stres nogsteeds want almal ry mos ” rustig”.  Vrek my rustig is rustig, maar ek kry die versekering ons bly binne die spoedgrense.  Dit help effens. Ek, Willem en Mark (Hamman Motorrad) val in die pad, dis spitsverkeer op die N1.  Dit maak my dadelik wake-up en ek dink “wat doen ek?”, maar dis nou deurdruk, dis wat ek wil doen – brave or stupid, I don’t know...Just do it! Hierdie is my eie challenge. Ek sien net die Maluti berge,maar moet nog oor DuToitskloof. Die wind is lastig oor DuToitskloof pas, maar ek voel goed en my GS uitgehonger. Ons roete vir dag 1:  Kaapstad – Hanover = 706.6km. Ek moet ‘n verdere 75.5km alleen verder, want dis waar ek die res van die volgende groep kry (die wat ek so mal gemaak het). Dis nou die Atlantic Motorrad groep.  Akkommodasie, Karoo braai en ontbyt by Colesberg Lodge.  Die rede: ek wil dag 2 saam hul buddie, want ek wil Lesotho deur via Mohaleshoek en  Maseru tot by Clocolan.  Ek het nog nooit  ±800kms ‘n dag gedoen. Dit gaan baie goed en  pas die RY/STOP op die N1 my, kan darem gereeld bene rek.  Ons maak baie vriende ook met die gereelde stoppe en almal wil weet waarheen is ons oppad.  Ek beproef die dongle, F4, GPS....skielik gaan daar ‘n liggie aan.  Ek luister Neil Diamond, Lady Antebellum, Afrikaanse sokkie, Lionel Ritchie...ek voel soos ‘n ou biker.

Ek groet vir Mark en Willem by Hanover met die versekering dat ons mekaar die volgende middag in Clocolan sien.  Nou op my eie tot in Colesberg.... 75 kms verder ...140kms/hr voel nie so vinnig soos ek gedink het nie.  Al die ander is al daar....blykbaar wag hul al ure vir my...maar agteros kom ook in die kraal. Grondpaaie mos niks vir die regte challenge ouens nie.  Ons geniet die gasvryheid van die Lodge, kuier om die vuur en ek gaan maak ‘n vinnige kuiertjie by die Steynberg familie in die hoofhuis.  My oudste dogter se vriend se familie te ontmoet.  Sommer 2 vliee in een klap.  Colesberg le mos nie sommer net om die draai. Ai, en ek is nou spyt dat ek nie ‘n foto het van ons gesellige kuier hier. ‘n Definitief vir ‘n volgende oornag.

06/10/2011: Volgende oggend moet ek alles weer in die topbox gepas kry en die knippe toe kry en dit op die fiets vashaak dat die spul nie losspring en my paar besittings die hele Vrystaat/Lesotho vol vlieg nie.  Ek is so op my senuwees, want ek wil nie so afhanklik wees nie...alles lyk so maklik vir die manne.  Ons is nou 9 bymekaar:  2 van Donford, 6 van Atlantic en ek.  Mooi!! Ruan het sy paspoort vergeet, so nou gaan hul ‘n ander roete vat....dit behels net  80km grondpad.” Nee! Marie Antoinette, dis ‘n lekker grondpad, jy moenie worry nie”  Hoe kan ek vir 1 oomblik ontspan. Ek sien al hoe my topbox oopspring met al my girlie goed as ek die grondpad  vat.  Ek vra vir Steve en Robyn by ontbyt of hul saam met Ruan ry, sommer net om te chit chat.  Dankie tog, nee, hul  vat die oorspronklike pad deur Lesotho.  Eish, ek is gered en ek gaan saam deur Lesotho en ek smile.  Ek sal selfs die heel dag Engels praat.  Ek ervaar ‘n fantastiese dag saam met die 2 Engelse gentlemans. Dis nadat  my GS bietjie koud geslaap het en die battery nie dadelik wou vat.  Ons roete: Colesberg, Burgersdorp, Aliwal Nrd, Rouxville, Zastron en ‘n 30km grondpad tot by die grenspos, Makhaleng Bridge.  Daarvandaan al die pad teer, A2, Mohaleshoek tot Maseru.

Robyn geniet sy koffie en ons stop op Burgersdorp  vir koffie en koek, Hagenshuis.  Dis mos sulke dinge wat ‘n girl like.  Dis ‘n pragtige koffiewinkel met oudhede, tuin en atmosfeer.  Ek kuier lekker saam met die Engelse manne en ons leer mekaar  ken.

Hagenhuis, BurgersdorpHagenhuis, Burgersdorp 

Hulle is oppad  Zambie toe na die Eco en het al omtrent die hele wereld vol getoer per motorfiets, trapfietse, ski’s, 4x4’s.  Ek luister maar net en droom.  Robyn is die leier van ons groepie en besluit wanneer ons stop vir brandstof ens.  Ons ry oor Aliwal Noord se brug en dit lyk so lekker by die restaurant.  Ietsie kouds sou nou lekker wees, maar ons wil ook nie te laat in Clocolan arriveer.  Hy  verdwaal ook soms, maar dit maak die hele uitstappie interessant want ek sien meer plekke.   Die 30 kms grondpad word baie versigtig aangepak en gaan baie goed.  Ek meet nie eers die kms op my speedo nie – ek look up ...vrek as ek val en die topbox spring oop, ek skaam my dood.... Blykbaar so 80 – 90 kms/h gehaal.  Nog ‘n challenge.  Alles gaan vinnig en vriendelik by die grensposte en ons is weer op teer.     Ons is in Lesotho en dis dadelik ‘n ander gevoel, omgewing, vibrasie, kultuur.  Ek kan nie glo ek is al hier.  Dis asof ek alleen op hierdie aarde is, die ooptes, berge, in die natuur, dis onbeskryflik mooi. Geen foto kan dit regverdig.  Ek voel goed en my GS is nice!!  Ek luv my bike.  Ek dink aan Daniel wat my gese het: Jy luv jou bike, maar jou bike moet jou ook luv.  Ek wil he sy moet my luv en dit gaan op hierdie trip gebeur.  I know it...sy was nog nooit hier nie. Na Katse dam sal ek weet !!

Makhaleng BridgeMakhaleng Bridge

A2, LesothoA2, Lesotho

Ons ry deur townships, oop paaie, verby mense en diere en elke paar 100m is ‘n skaap- of beeswagter met ‘n kombers om, baie kinders wat rondloop (is daar dan nie skool nie?), almal is so besig...waarmee?? Die taxis ry baie stadig, dis nuut vir my en daar is verskriklik baie Toyota’s en car washe, vir wat? Dis ‘n lieflike dag vir bike ry en ons vorder goed.  Die berge is mooi.  Ons gaan sonder probleme deur die grenspos by Maseru Bridge.  Dis nogal besig maar nie te erg.  Jy moet kan “lane splitting” doen anders was ek nou nog daar.  Magdomme van taxis, maar stop dood voor hul oor ‘n hobble gaan.  Dis nou nogal warm en ons is naby Ladybrand.  Wimpy vir ‘n Melkskommel en toebroodjie.  Brandstof ingooi en 35 kms tot in Clocolan om aan te sluit by die ECO challenge. Ek kom net rapporteer dat ek arriveeer het, mos nie geregistreer.  Nou verdien ek darem ‘n  bier.  Groet al die ander Kapenaars wat al daar is en vertrek na my akkommodasie by St Augustines, ‘n ou sendingstasie  25 km terug na Ladybrand.  Ek is baie tevrede met die verblyf en nou kan ek uitpak en ontspan.  Eers al die gadgets van die fiets afhaal: GPS, dongle, topbox, tankbag – dit voel asof ek deur Afrika was. Al die chargers.....elkeen in sy eie verpakking, sodat ek nie deurmekaar raak.  Darem die GS ook ‘n spring clean gee, want more moet sy op haar beste wees vir Katse dam – sy moet my luv.

 Ek bad, pak uit, drink ‘n rooiwyn op my prestasie, kry myself georienteerd en bestudeer alle inligtingstukke en kaarte vir die volgende dag na Katse...dis waarvoor ek hier is. O ja, ek laat weet die huis ek en die GS is in perfekte kondisie, alles gaan voor die wind en my back-up systems werk lekker saam.

7/10/2011:  Ek het 2 nuwe buddies vir my trip Katse dam toe.  Hulle is Ian & Uri, 2 maats wat saamry van Kimberley, ‘n 800 GS en ‘n 650 GS.  ‘n Afrikaanse dag.  Ons vertrek rigting Ficksburg, maak vir oulaas die tenks vol en dis net BMW’s by Maputso  grenspos.  Ek kry ook die BMW gevoel en dis lekker.  Dit gaan nogal vinnig en betaal jy sommer jou R30 by die hek sonder om ‘n kwitansie te kry, jou paspoort dan alreeds gestamp.  Nou’s ons oppad, Ian voor, ek middel en Uri agter met sy 650.  Hulle gaan dit ook rustig vat, want ry nie eintlik passe, die Vrystaat is mos maar plat. Gelukkig het ons ‘n All the Passes naweek gehad.  Dit klink reg vir my, maar ek wil darem net soms stop vir ‘n foto en water.  Daar is nie baie stopplek, volgens die inligtingstukke nie, maar as dit kan, ASB!!    Ons moet wakker wees vir klippe in die pad, mense, kinders en diere en taxis.  Almal is nogsteeds baie besig as ons deur klein dorpies ry.  Die natuurskoon is ongelooflik.  Ons klim vinnig in hoogte, bereik ‘n uitkykpunt na ‘n haarnaalddraai waar jy omtrent net 10km/h mag ry.   .Die viewDie berge

Die hoogte 3106m.   Ek ly aan hoogtevrees, parkeer my GS veilig by die ander ervare manne/vroue, ons neem foto’s, maar ek dink nie my kamera kan so ver sien nie.  Dit is absoluut fantasties...dis ‘n ander wereld. Hiervandaan kan jy sien waar jy al gery het.  

Uitkykpunt 3106mUitkykpunt 3106m

 GAAN KYK SELF!! Ek gaan OOK WEER!!!  Ek wens ek het nog ‘n gadget gehad, headcam, om meer foto’s te kon neem in die ry. Jy kan nie enige plek stop nie...die teerpad is meeste van die plekke so  8 – 12 cm hoër as die grond langs die pad, so lyk dit van bo van my GS af.  Dis gevaarlik.  Dit gebeur dat ons in groepe stop, jy moet die geleentheid gebruik wanneer daar ‘n aftrekplek is en dis lekker tyd vir netwerk.  Ek het die idee begin kry dat ek ‘n vintage bike het...die manne pfaff oor haar, my 1150GS 2002 model met  48 000+kms op die klok....hier oppad Katse toe.  Het sy al ooit off-road gegaan?? As hul maar weet!!! Sy’t al ‘n plastiek face lift moes kry, dis hoekom ons nou teer ry.

Die laaste 50 km tot by die dam is die moeilikste, seker omdat ek al effens moeg is en dit voel asof die draaie nooit gaan ophou. Twist of the Wrist bly my heeltyd by: counter steer, roll on, roll off en ek is dankbaar vir die dvd wat ek present gekry het.  Konsentrasie op sy beste.  Die inligtingstuk het gese:  “It’s not a far or fast ride, it’s a hard ride.”  En dit is!! Ons stop by die Katse dam inligtingsentrum vir baie foto’s en ‘n toiletbreuk.

Katse DamwalKatse Damwal

 Daarna 5km verder na die Katse Lodge vir ietsie koels en ‘n happie, maar die diens is stadig en ons drink net ‘n Coke, neem foto’s, bel huis toe en probeer verduidelik  hoe mooi dit is, eet ‘n snack uit die tankbag en vertrek.

 Daar is nou ‘n bietjie wind oppad en ek bekommerd; wind en ek is nie pals nie.  Alles voel nou verkeerd om: die klippe le nou aan my kant, die draaie anders om, die los sand en padwerke hierdie kant van die pad, die taxis nogsteeds baie stadig en stop enige plek.  Ons stop by die uitkykpunt aan hierdie kant.  Ian se hy ry moeilik en ek voel verlig, want ek voel dieselfde.  Foto’s foto’s foto’s, dit bly mooi en ons het nou al baie pals gemaak. Ek beproef nou “upload by BB na facebook” vir hulle by die huis.  Dit werk. Verander sommer my BB status ook met ‘n Katsedam foto, hel nou voel ek advanced.  

Man, dis my challenge hierdie.  

Conquered Katse damConquered Katse dam 

Hiervandaan gaan dit beter en vinniger en na ‘n paar stoppe is ons terug by die grenspos...besig besig.... ‘n miernes... spitsverkeer op ‘n Vrydagmiddag,  as jy nie kon” lane splitting” doen nie, kan jy nou, geen ander manier om deur die verkeer te kom en die musiek van alle kante, dis malhuis en kophou en ek dink aan Andyman: It’s me standing up in the traffic”. Dis net BMW’s waar jy kyk.  Wens ek kon hier ‘n foto neem...dis ‘n mooi gesig ... al die bikes.  Ek is DORS en Afrika is nie vir Sissies nie.  Ek luv die challenge. Gelukkig nie te warm, ek het die kans gevat sonder my baadjie se inner want ek het geweet die adrenalien gaan my warm hou.  Ek gaan kry iets om te eet in Clocolan se enigste supermark, OK Foods, en ‘n roomys as beloning.  Geen brandstof in Clocolan, so ek moet deurdruk Ladybrand toe en kom net voor donker by die kamer.  Lekker moeg maar chuffed met myself.  Same procedure om bike skoon van alle torre en sop te kry, want more is weer Clarens.  ‘n Lang bad vir hierdie girl na alles op charge le: sellfoon, dongle, headset F4.  Gelukkig het ek nog wyn en sit sommer later met ‘n groot glas in my spierwit bed en ervaar die dag van voor af.  Slaap sleg, want die excitement van die dag was te groot...kry te warm want al die panele en warmlakens is aan....gepantser teen die Vrystaatse  nag temperature.   

08/10/2011:  Dis alreeds vroeg warm.  Voordat ek Clarens toe vertrek op ‘n solo trip, wil ek darem graag die fasiliteite bekyk: die sendingstasie het sy eie kerkie, pragtige tuine en nog ander akkommodasie vir konferensiegangers.

  Ek wil gaan brunch op Clarens.  Weer Ficksburg toe, maar ek pleeg moord op ‘n swerm iets, my hele visor  en screen is gesplatter, ek moet eers stop in Ficksburg om skoon te maak.  Ek het sommer sover gegaan en Clarens op die GPS  gelaai as ‘n roete....  Ek ry solo en kry langs die pad ‘n 650 GS wat foto’s neem.  Ek stop ook later vir foto’s en die rooi 650 GS kom verby.  Daarna ‘n hele paar groepe sluit aan en ons tref Clarens gelyktydig.  Dis net BMW’s waar jy kyk. Die enkele paar  Harleys  lyk verlore.  Almal kom besoek die  Visual Arts Festival.  Daar is ‘n magdom gallerye, die mooiste skilderye.  Ek stop by die 1ste restaurant en die rooi 650GS ook en vra my waar is die beste plek vir iets eet/drink.  Hoe moet ek weet, was nog nooit daar nie, maar ek en die oompie sal saam uitvind.  Oom Ben nooi my vir ‘n koppie tee en ek dink dit sal nogal lekker wees. Hy’s ‘n GS ryer/boer van Burgersdorp wat ook die challenge bywoon.  Na tee maak ek verskoning want daar is baie om te sien.

ClarensClarens

 Ek moet  ook betyds vertrek om 15:00 terug te wees in Clocolan vir die Skills Challenge.  Ruan de Lange (Atlantic Motorrad) het gekwalifiseer en wil ek  darem die Kapenaars ondersteun.  EN ek moet my buddies kry vir pre-trip brief vir die 2 dae terug.  Dis vrek warm in Clarens en besig.  Een dag is hopeloos te min en sal ek moet terugkom vir ‘n volgende vakansie, want moes Golden Gate heeltemal oorslaan.  Gelukkig het ek nie pakplek om enigiets te koop nie, maar smokkel die heerlikste kersie seep (dit ruik so lekker, jy wil dit eet sê iemand vir my wat daaraan ruik)  in my tankbag in en suig aan my kersie stokkielekker voordat ek vertrek.  

Die ouens wat aan die skills challenge deelneem is regtig goed.  Ons sit almal op die pawiljoen met ‘n koel  versnappering.  Die skills challenge baan is voor die pawiljoen uitgelê en kan ons almal in die skaduwee sit en kyk hoe die finaliste sweet. Daarna ‘n vinnige Hunter’s Dry en ons besluit om na die rugby die volgende oggend te vertrek.  Ek parkeer my GS by my kamer net voor donker en nou moet die pakkery weer begin.  Slaap soos ‘n baba van al die opwinding die afgelope dae.  Dis ‘n lang pad terug Kaap toe, 2 dae.

09/10/2011:  Fully kitted, alles re-charged, alle knippe toe, ontbyt en groet al die nuutgevonde buddies  en rugby.  Ek het spesiaal my SA Bokke t-shirt aan vir die dag.  Die gees is daar...by die Eco, maar lyk nie so in NZ.  Iemand maak die opmerking:  “Die ref mis ‘n goeie game”.   Teleurgesteld pak ons maar die pad aan. My buddies hierdie keer: John Carr (Donford Motorrad), Heini Nel + Danie Lourens.  Hulle ry almal GSA’s met groot tenks.  Ons roete vandag: Ladybrand, Hobhouse, Wepener, Potholes, padwerke, ry/stop,  Zastron, aanhoudende potholes,  Rouxville, Aliwal Nrd,  Burgersdorp, Steynsburg, Middelburg, Graaff-Reinet, Aberdeen.

Wepener Potholes ZastronWepener Potholes Zastron 

Ek weet later nie meer waar op die pad moet ek wees. Koes net vir die slaggate. Dis Sondag en die dorpies is stil, lyk nie of daar ‘n siel is.  Ons ry oor die Oranjerivier by Aliwal Nrd en ek sien uit die kant van my oog iets van Draught. Ek sal van die brug afry as ek regtig daarvoor kyk.  Ek hoop John sien dit ook, want dis WARM.  Sowaar, ons parkeer, eet en drink iets en ek gooi brandstof. Dit was nou ‘n boring stuk pad.  

At last 'n oase, Aliwal NrdAt last 'n oase, Aliwal Nrd 

Die Vrystaat is nog bleek en glad nie mooi nie. Ek is opnuut weer bly dat ek deur Lesotho is na Clocolan.  Ons eindbestemming Graaff Reinet / Aberdeen / Willowmore vir oornag.  Ons ry goed, maar agv die laat vertrek na die rugby begin die son al sak.  Ek raak bekommerd want daar is borde met kudu’s op.  Ek ry stadiger want ek kan nie orals gelyk kyk. Ek verveel dalk die manne, maar hul bedank my dat ek hul bewus maak van veiligheid, die gentlemans darem.  Na al die inspanning van die padwerke in die Wepener/Zastron omgewing, raak die dag lank vir my.  Die uitsig van die Camdeboo pas voor Graaff Reinet is ongelooflik.  Ons stop skielik vir foto’s.

 En route Graaff-ReinetEn route Graaff-Reinet

Ons is nogsteeds op die uitkyk vir kudu’s en ry sonsonder Aberdeen binne.  Dit lyk asof daar niemand in die dorp is nie, maar Danie vind ‘n pragtige gastehuis waar ons billike tariewe beding en self kan braai. Pagel House B&B, 17 Stockenstromstr, Aberdeen.   Ek is nou regtig moeg maar gaan nie ‘n plaas se prys betaal vir ‘n lekker bed nie.  Die manne gaan koop die nodige verversings en ek kies ‘n pragtige kamer.  Lyn is gasvry en ons neem die kombuis oor. Die inhoud van die huis is antiek en ek vrees my bulky outfit stamp iets van ‘n kassie af.   Ons kuier heerlik om die vuur: John die braaier, Danie die skinker, Heini die aankoper.  Daarna bederf ek myself in ‘n antieke bad en ‘n hemelbed.  Vanaand is die sagte boudjies effens gevoelig, maar ek masseer met Justine se Tissue oil. 

10/11/2011:  Na ontbyt vertrek ons. Dis alreeds warm, maar ons wil eers die “eierman” gaan besoek, Carlos.  Dis nie elke dag dat ons in Aberdeen is nie en hy is wêreld bekend.  Hy doen decoupage op volstruis eiers. Dis unbelievable.  Hy kan enige ontwerp op eiers doen.  Ons sal die BMW logo moet stuur.    Het vandag ±700 kms en stoppe sal seker min wees.   Ons volgende stop is Willowmore vir iced tea en is die coffee shop vol oudhede. Hier vertel ‘n ander GS ryer: “I’ve touched a kudu yesterday”  en voel ek beter oor  my oorversigtigheid.  ‘n Scary storie.  Hier vul ek brandstof aan want dis ‘n stewige stoot tot Oudtshoorn/Calitsdorp.  Die garage is Zaaymans vulstasie, my nooiensvan en ek gaan maak kennis met onbekende familie?  Die Oudtshoorn berge le voor ons oppad na De Rust, dis net so mooi hier, maar ons kan nie stop in De Rust of Oudtshoorn. Dis moeilik om net deur Oudtshoorn te ry.  Dis 40C.  Ons hervul in Calitsdorp.  Nou raak ons haastig vir Barrydale.  Van die manne het ‘n Barnyard show om te gaan kyk, Mel Botes.  Gelukkig is hierdie bekende omgewing.  Dis ‘n verligting toe ons by die populêre Country Pumpkin stop vir eet en ietsie koels.  Hiervandaan reguit huis toe.   Montagu, Ashton, Robertson, Rawsonville, Kuilsrivier....die wind glad nie genadig.  Maar ons is almal weer veilig by die huis,  lekker moeg, maar selfvoldaan en trots....op myself en my GS.  Sy luv my nou....  

Dankie vir al die BMW kameradie en my persoonlike man wat gehelp het met al die voorbereidings en my hierdie "me time" gegun het.  I’m so blessed !!

Die vraag is nou: Wat is die volgende challenge buiten om hierdie trip report saam te stel?? 

Afstand: 3500kms

6dae

 

 

 

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

Fantasties Anna-Marie! Pragtige verslag!

Ai, as ek net nog 'n paar weke vakansie elke jaar kan kry dan ry ek ook volgende keer saam.

So many roads, so little time.

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

viper1wp's picture
Offline
Joined: 2011/09/20
Stunning verslag seker jy werk nie in die toerisme bedryf nie?
Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Nice - a long ride on your own is great for the soul.  Well done Anna-marie

Committee: Webmaster / Ride Captain

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Wow what a great report Anna-Marie. Shew you can be proud of yourself for doing such a fantastic trip.

Committee: Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Baie dankie vir 'n lekker lees!! 

En ek bewonder jou dapperheid om die trip aan te pak! --- maar jy het nou vir jouself 'n (aangename) probleem geskep: langafstand toer maak jou nie meer bang nie, jy sal binnekort begin voel om weer so-iets te doen.

PeterO's picture
Offline
Joined: 2007/09/11

Nice one!  Well done! Well written! Well ridden!

So glad you got your Grey Haired Old Man and he's serving you well Smile

So ... what's next? Wink

If you can dream it you can do it!

Offline
Joined: 2010/06/21

wow girl!  fantastic report and I am so proud of you.  what did I say to you at the Biedouw Valley about the  Geoff Russell long trip in September.  

 Geoff is this a tail between the legs, are you eating your words to Annemarie????   or Annemarie do you think you needed to do this trip before a Geoff Russell Trip????

While reading your report, it felt as if I was there with you all the way.  how about next year we do it together.

 

Anna-Marie's picture
Offline
Joined: 2009/10/13

Lyn, I needed the track day and All da Passes to build my confidence to be ready for such a trip.  You crossed my mind on several occasions.  Believe me, I'm going back again....still a lot to be seen and want to do more of Lesotho/Drakensberg. Let's see with what surprises mr Russell comes up....  Sure we will join definately soon on a long distance trip.  

Offline
Joined: 2009/01/26

Hi Annemarie, sounds like you had fun, and such an achievement! I cant wait till the kids are big and I can join you all on these awesome trips.

Thanks; Janet

PS. I am now renting out Interphones for trips like these so customers dont have to buy a unit.  You will still get my demo like last time however to loan whenever you need one.Smile

dtv
dtv's picture
Offline
Joined: 2007/11/06

Briljante verslag Anna-Marie!  En veels geluk ook!

Nou vir Afrika....Wink  As ou Neels nie wil saamry nie - ek is altyd daar......

Du Toit

God gave you a gift of 86 400 seconds to-day.  Have you used one to say Thank You?

Jackie Wiese's picture
Offline
Joined: 2012/02/26

Respek Anna-Marie!!!

Het jou verslag sommer baie geniet en sien uit na die Clarens trip wat voorlê!

Hans Ambulans's picture
Offline
Joined: 2013/10/01

Baie geluk! Jy het mos baie uitgesien na hierdie trippie. Ek weet wie van nou af ons trip reports gaan skryf! Lekker gelees....

Anna-Marie's picture
Offline
Joined: 2009/10/13

Paging through some old trip reports on the forum and OMW what a surprise to bump into this one...what fond memories...just to confirm that time in the saddle to bond with your machine is crucial...how I miss those long trips and twisty road to Katze.  Fantastic. 

Must've been very educational through the years...14 000+ views...amazing yes

2011/10/17 JUST DO IT - Not NIKE, but BIKE Anna-Marie 14,253 1

Comment viewing options

Select your preferred way to display the comments and click "Save settings" to activate your changes.

Liability

Motorsport is inherently dangerous.  As per paragraph 9 of the club constitution, the club shall not be held liable for any loss, injury or death of any member or guest, howsoever arising.

The BMW Motorrad Club Cape cannot be held responsible or liable in any way for any actions or decisions you make as a result of the information posted on this site.  Although this site is enabled and used by the BMW Motorrad Club Cape, posts are made by members, non-members, advertisers and guests and none of it is vetted by the club before posting.  This is the internet and Africa - you are responsible for yourself.

Login or Register

If you have a valid login, and enter the CAPTCHA correctly the first time, you will still get an error message about incorrect choice and unrecognised login details.  Just e-enter your login credentials, this time there will be no CAPTCHA and you will be logged on.

CAPTCHA
Just to make sure you're human!