Gysmanshoekpas Dwarsrivier Gouritzpas Cloetespas

GeelKameel's picture

Points: 5

Geo se Tenere is weer reg en ons twee gaan die Gysmanhoekpas bietjie bekyk. Reguit Riverdal toe dan 'n sirkelroete oor Kanetberg, deur die kloof by Dwarsrivier/Cloetesberg, via Herbertsdale na Hokaai Restaurant vir middagete.

Net buite Riversdal is die afdraai na Kanetberg/Langeberg.

Mooi, maklike paaie en ons doen 'n stywe pas.

Korentedam se indraai.

'n Entjie verby die Korentedam is 'n afdraai. Om hier af te draai  was nie op ons roete nie, maar dit lyk darem baie interessant....Okey, kom ons ry in en kyk waar dit heen lei.

Die GPS wys die pad loop hier verder aan, al is die hek toe.

Deur die hek en die pad begin tweespoor word.

'n Small bruggie, gebou van houtpale en grond.

Hier eindig die pad op 'n plaaswerf. 

Omdraai!

En terugry na ons regte roete.

 

Terug op die beplande roete. 

 

Hier iewers is die Plattekloofpas. Vir my lyk dit nog netso plat soos 'n paar dae gelede.

Bietjie nattigheid. Die water kom van 'n tenk wat oorloop bokant die pad.

Of is hierdie die Plattekloofpas? Die Gysmanhoek afdraai is daar voor om die draai.

 

Ons draai af na die Gysmanshoekpas.

Die roete rondom die Gysmanshoekpas in meer detail.

Mooi wereld hierdie!

Dit lyk baie groen hier in die klofies, maar die wyer gebiede rondom is in werklikheid baie droog.

In 2005 het ons op hierdie einste plek 'n lekker splash gehad. Paar keer heen en weer gery, netsoos kinders!

Verder in die kloof op is dit groen, maar die proteas en blomme was nie so mooi soos wat ek dit onthou nie.

 

'n Foto van proteas soos dit in 2005 gelyk het.

 

 

Hier is darem'n klein plassie water!

Net voor die klim begin, is daar 'n klein bruggie, maar nie veel water in die stroom nie.

 

 

Op die foto lyk die pas bietjie rowwer as wat dit regtig is. 

Redelik steil, maar maklik om te ry.

Halfpad tussen die vallei en die kruin het ons bietjie gestop.

Mooi uitsig so af in die kloof.

Verder klim na die kruin.

Bo op die kruin is 'n baie mooi uitsig na die Noorde en Ooste.

 

Afgaan was maklik, maar hier en daar los klippies waarvoor mens maar versigtig moet wees.

 

'n Verlate plaashuis, soos wat mens al hoe meer sien oral langs agterpaaie.

En skure en arbeidershuise wat leegstaan sad

 

Terug op die bree grondpad. Brandrivier en Barrydale is na links. Ons draai regs na Herbertsdale se rigting.

Wye pad.

Sit-ry en rondkyk.

 

Regsdraai by die R323 aansluiting

En twee km verder links by Muiskraal.

 

Virgin Earth kelder. Heel onverwagse plek om 'n wynkelder te sien. Hulle verbou organiese wingerd en adverteer dat hul wyn 'n unieke smaak het. Ons het nie gestop om te proe nie cheeky

My kaarte se' nie wat hierdie berg se naam is nie.

Gedurende Januarie 2018 het hier 'n verwoestende brand deurgetrek.

Baie kilometers ver is alles tot houtskool verbrand. Selfs die telefoonpale.

Hartseer om die brandskade te sien.

 

Nader aan die Cloetesberg area begin die veld beter lyk.

Die pas waardeur ons hier ry is waarskynlik die Gouritzpas. Geen naamborde te siene.

Hierdie deel word op T4A gewys as Gouritzrivierpas.

Die gelykte net voor die diep afsak na die Gouritz rivier se laagwaterbrug.

Steil afdraende na die Gouritzrivier daar onder.

Geen water in sig nie.

Anderkant op en kyk terug na die steil afdraende.

Van hier af word dit aangedui as die Cloetespas op T4A se kaart. 

'n Langerige vlakte op pad na die Cloetesberg en Dwarsrivier daar voor,

 

In die Dwarsrivier se kloof het ons 'n paar reendruppels gehad. Darem geen reen nie.

 

 

Tien km anderkant Herbertsdale het ons op 'n grondpad afgedraai, rigting Cooper stasie langs die N2.

 

Cooper stasie, en verder vorentoe die N2.

Linksdraai op die N2 en 3km verder die Hokaai restaurant, waar ons 'n lekker koffie gedrink het terwyl ons vir die dames gewag het.

Sondae is buffet ete by Hokaai.

Dit is tafels vol regte kos, sonder fieterjasies, smaaklik soos jy min sal vind in ons land. Mense ry van ver af vir hierdie buffet.

Waar sal jy nog so'n spyskaart kry. 

Koste? R170 per kop. Ek dink dit is beste waarde vir geld. Jy sal baie ver soek om beter te kry. 

En so het ons 'n lekker rustige trippie afgesluit met 'n lekker rustige ete.

 

---------------------------------------------------------------------

Sien ook: 

http://bmwmotorradclubcape.co.za/hokaai-restaurant-naby-mosselbaai
Zanie's picture
Online
Joined: 2013/11/21

Dis erg om die Gouritz droog te sien. Ek was al 'n paar keer daar verby en daar was nog altyd 'n bietjie water.

Hierdie's die enigste fotos wat ek nou kon vind, van Dec 2015:

 

Comment viewing options

Select your preferred way to display the comments and click "Save settings" to activate your changes.

Events

« September 2018 »
MonTueWedThuFriSatSun
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Liability

Motorsport is inherently dangerous.  As per paragraph 9 of the club constitution, the club shall not be held liable for any loss, injury or death of any member or guest, howsoever arising.

The BMW Motorrad Club Cape cannot be held responsible or liable in any way for any actions or decisions you make as a result of the information posted on this site.  Although this site is enabled and used by the BMW Motorrad Club Cape, posts are made by members, non-members, advertisers and guests and none of it is vetted by the club before posting.  This is the internet and Africa - you are responsible for yourself.

User login

CAPTCHA
Just to make sure you're human!